Search
  • Publieke Getuienis

Waarheen is Suid-Afrika op pad?

Die Sentrum vir Publieke Getuienis het op 3 Maart 2022 ‘n dagkonferensie by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington aangebied waar ons na die toekoms gekyk het deur ‘n aantal lense.


Die Instituut vir Toekomsnavorsing (IFR, Stellenbosch Universiteit) het ons gehelp met toekomsgerigte denke. Verder het ons paneel van kundige sprekers ons na die toekoms laat kyk deur 'n ekonomiese, politieke, sosiaal-maatskaplike, kerklike en gelowige bril.


Die sprekers was: prof. Andre Roux (IFR), Christine Quickfall (Badisa), Zanne Horrell (IFR), Heindrich Wyngaard en prof. Kobus Schoeman (UV).


Mag ons oor die toekoms praat?


"Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak." Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: "As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen." Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd.”

Jakobus 4:13-16


Hoe dink ons by die Sentrum vir Publieke Getuienis?


Braam Hanekom vertel dat daar is na sy mening ‘n paar dinge is wat baie hoog op ons land se agenda moet wees as ons enigsins oor ‘n gelukkige toekoms wil praat en droom:


• Groeiende armoede

• `n Stukkende ekonomie

• Onderwys

• Grond en behuising

• Groeiende verwydering en polarisasie Daar is meer, maar dié is sekerlik vir eers genoeg. Dit is in so ‘n wêreld en land waar ons aan ‘n paar dinge vashou. Die LIG wat nie onder ‘n maatemmer moet staan nie, maar IN die duisternis moet skyn. Die duisternis sal dit NIE oorweldig nie. Ons moet egter DAAR wees!


Die KRAG van die EVANGELIE. Ons hoef nie die wêreld te verander nie en ons kan dit nie verander nie, maar ons word geroep en bemagtig om die Evanglie NA die wêreld te bring. Met woord en daad. Die Evangelie verander die wêreld. As ons stil raak, verdwyn die hoop.

Het die Here dalk ons kansels vir ‘n oomblik gesluit sodat ons IN die wêreld werksaam kan word?


Verder, is ons oor die volgende vas oortuig:

  • The first responsibility of a leader is to define reality. The last is to say thank you. In between the two, the leader must become a servant and a debtor. That sums up the progress of an artful leader.” ― Max DePree.

  • “Wat môre gaan gebeur se saad is reeds lank te vore gesaai.”

  • Daar is dus kolletjies wat verbind moet word.

  • Die scenario’s kan en moet steeds deur ‘n GELOOFSBRIL beskou word.

  • Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie.

  • “Are we victims or architects of tomorrow?”


Sleutelkonsepte

Waarheen is Suid-Afrika op pad? Vanuit die gesprek, is die volgende baie duidelik: Suid-Afrika se brose demokrasie is onder geweldige druk. Armoede, ongelykheid, hoë werkloosheid en ’n ondoeltreffende staat staan tans sterk as die grootste bedreigings vir ons land se sosiale kohesie. Die volgende sleutelkonsepte was geïdentifiseer tydens die gesprekke met ons sprekers en insittendes.


Saam vs. self

Indien mens na die toekoms kyk uit 'n individualistiese perspektief, lyk dinge glad nie positief nie. Maar, indien Suid-Afrikaners saamstaan en werk aan 'n beter toekoms vir ons kinders is daar beslis hoop.


Sekerheid vs. onsekerheid

Die lewe is gevul met onsekerheid en bekommernisse oor die toekoms. Alhoewel baie dinge buite 'n mens se beheer bly, is 'n mens se DENKWYSE die sleutel tot die hantering van moeilike omstandighede en om die onbekende met selfvertroue in die oë te kyk.


Met watter mindset?

Ons denkwyses bepaal of ons glo dat ons kan leer, verander en groei - of nie. Soos Quinton Adams (the Shackbuilder) altyd mense antwoord wat sê dat hulle nie hoop het vir Suid-Afrika nie: "Is daar nie hoop nie of het jy hoop verloor?"


Ons benodig 'n sterk sosiale kapitaal

Sosiale kapitaal is 'n stel gedeelde waardes wat individue in staat stel om saam te werk om effektief 'n gemeenskaplike doel te bereik en sodoende as 'n samelewing te streef na 'n harmonieuse leefwyse.


Relevante vaardighede

Ons jongmense word van skoolvlak af nie relevante vaardighede geleer wat hulle sal toelaat om goeie rolspelers in die ekomonie te wees nie. Suid-Afrika ervaar tans 'n tekort aan vaardighede.


Bewus van finansiële en sosiale werklikhede

Die land staar 'n "sterk werklikheid" in die gesig met 'n ekonomie wat vir meer as 'n dekade geen betekenisvolle groei behaal het nie. Sosiaal-maatskaplik gesproke is Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld.


Voorleggings


Ons paneel van kundige sprekers het die toekoms ontleed deur middel van die volgende belangrike perspektiewe: ekonomiese, politieke, sosiaal-maatskaplike, kerklike en gelowige.


André Roux | 'n Ekonomiese perspektief

  • Living beyond our means.

  • Strategiese besluite en posisionering.

  • Hoop gegee: SA se BBP is 32ste uit 218 lande

  • Hoe gemaak met ongelykheid?

  • Vraag: Volhoubaarheid van die welsynstaat?

  • Ideologiese ekonomiese besluitneming.

Andre Roux_Suid-Afrika se toekoms_Finansiele Perspektief
.pptx
Download PPTX • 8.13MB

Zanne Horrell | Die toekoms en onsekerheid

  • Ons moet gemaklik raak met onsekerheid.

  • Vind troos binne die beloftes van die Evangelie.

  • Saam vs. self.

  • Hoe dink ons oor die toekoms (mindset)?


Christine Quickfall | 'n Sosiaal-maatskaplike perspektief

  • Realiteit en statistieke.

  • Ons jeug is gebroke, daarom is ons toekoms gebroke.

  • Jeug moet bemagtig word.

  • Relevante vaardighede moet ontwikkel word.

  • Collaboration and alignment.

  • Moment of truth!

  • 'n Getraumatiseerde land.

Die Toekoms_Badisa
.pptx
Download PPTX • 2.08MB
Hoe lyk die toekoms_Badisa
.docx
Download DOCX • 38KB

Heindrich Wyngaard | Die toekoms en ons land se politiek

  • Ps. 13: "Hoe lank nog Here?

  • Politieke herderloosheid.

  • Stem wat praat oor sake wat die gemeenskap raak.

  • Genadige oomblikke en herskikking.

  • Onvoorspelbaarheid van die politiek.

  • Die ANC is broos en bankrot en kan hulle mag verloor.

  • Sonder Cyril = verswakte ANC en mislukte staat.


Kobus Schoeman | Waarheen is die kerk op pad?


  • Christenskap staan sterk in Suid-Afrika.

  • Is die kerk besig met die regte goed?

  • Daar is lidmate wat oop is vir verandering en skuif.

  • Hoe lyk die NG Kerk oor 20 jaar?

  • Think into other boxes.

  • Mense wil betrokke raak by die versoening van hulle gemeenskap.

  • Die kerk se rol in sosiale kohesie.

  • Die droom vir 2030 moet konkreet gemaak word: Strategie!

  • Daarom moet die volgende gebeur...

  • Mense is meer spiritueel en minder kerklik.

Toekoms vd NG Kerk_Kobus
.pptx
Download PPTX • 20.54MB

Wat nou?


The past is a source of knowledge, and the future is a source of hope. Love of the past implies faith in the future. – Stephen Ambrose

Voorstelle wat gemaak is vir hoe ons 'n beter toekoms vir Suid-Afrika kan verseker:

  • Kommunikeer Goeie kommunikasie is die sleutel tot sukses vir die toekoms.

  • Sentrum vir Publieke Getuienis Jeugberaad Jeugbemagtiging gaan daaroor om die jeug te help om suksesvol te wees. As jongmense floreer, daal misdaad- en armoedekoerse en die nasie baat daarby.

  • Entrepreneurskap vir jeug Entrepreneurskap op skoolvlak fasiliteer persoonlike ontwikkeling wat kinders se selfbeeld en werksetiek verhoog. Die bevordering van jeug-entrepreneurskap kan ekonomiese ontwikkeling in gemeenskappe oor die langtermyn aanhelp.

  • Samewerking tussen SPG en Badisa Eensgesinde organisasies wat saamwerk, kan 'n groot verskil maak!

  • Pockets of excellence Gemeenskappe wat sukkel, kan baie leer by gemeenskappe en dorpe wat gewerk (en geslaag) het om hulle sosiale kohesie te versterk.

  • Deel stories van hoop Hoopvolle stories van gemeenskappe kan as inspirasie vir ander dien. Samewerking, ywerigheid, probleemoplossing en vasberadenheid kan so bevorder word. Hierdie stories moet van onder af geskryf word.

  • Eenheid Die kerk is nie veronderstel om verdeeld te wees nie. Dit is 'n basiese evangeliese begrip: ons moet die een liggaam van Christus wees. Sigbare eenheid tussen die NG en VG Kerk is dus broodnodig.


Braam Hanekom namens die Sentrum vir Publieke Getuienis




0 comments