top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Verslag oor die toekoms van ons dorpe werkswinkel

Hierdie werkswinkel oor sosiale kohesie en die rol wat gemeentes in gemeenskappe rondom missionale transformasie kan speel, is deur verteenwoordigers van sover as Senekal, Upington, Knysna en Johannesburg bygewoon.


1. Bywoning

2. Agtergrond

Een van die Sentrum vir Publieke Getuienis se hooffokusse is die bevordering van sosiale kohesie in Suid-Afrika. Dit word onder andere gedoen deur die fasilitering van gesprekke en forums op dorpe regoor die land. Verteenwoordigers van die gemeenskap wat die dorp/buurt se diversiteit weerspieël, neem aan die gesprekke deel. Die ideaal is dat ‘n soort trioloog tussen staat, besigheid en burgerlike samelewing (kerke) groei. Hier word dan saam besin oor die toekoms van ons dorpe.


3. Werkswyse


Die werkswinkel is geopen met ‘n probleemstelling en 'n vlugtige kyk na bestaande programme. Insette van dorpe waar suksesvolle forums gestig is (Porterville, Caledon en Senekal) is aangehoor. Daar is ook geluister na ‘n uiters waardevolle inset van Quinton Adams (Shackbuilder en Backyard Varsity) oor hoe die opgradering van informele behuising sosiale kohesie versterk.

Hierna het die groep die werk gedoen deur te kyk na problem analyses en moontlike oplossings.


4. Sleuteluitdagings


- Wantroue en agterdog in gemeenskappe

- Disrespek en gebrek aan gemeenskaplike waardes (sosiale integriteit)

- Behuising en werkloosheid

- Jeug

- Plaaslike regerings

- Misdaad

- Hooploosheid

- Hoe kom ons oor die pyn van die verlede?

- Onderwys en skole

Mooi stories van hoop en versoening is vanuit Senekal, Caledon en Porterville gehoor. Daar is egter ook eerlik gepraat oor hoe die pynlike verlede aangespreek kan word. Hoe herstel ons die netwerk van verhoudinge en word ons ‘n “ons” dorp? Daar is verder gekyk na die impak wat behuising of die gebrek aan behuising op sosiale kohesie het en hoe ons hier ‘n konkrete verskil kan maak.Die noodkreet wat rondom ons jeug uit elke gemeenskap opgaan, is ook bespreek.


5. Spesifieke uitdagings rakende behuising

Die stigter van The Backyard Varsity-projek is Quinton Adams (the Shackbuilder). Hy is ook 'n opvoedkundige sielkundige en voormalige dosent by Stellenbosch Universiteit. Hy werk sedert 2002 in informele nedersettings. Sy ervaring in informele nedersettings sluit die Emic view of the Dehumunization process of people living in squalid conditions dilapidated conditions in.

Hy identifiseer spesifieke uitdagings:

  • Pasop vir Analysis Paralysis.

  • Werk saam met diegene wat wil werk.

  • Begin klein: do small things consistently.

  • Wat is die werklike behoeftes van die gemeenskap?

  • Wat het ons en kan ons na die tafel toe bring?

  • Ons verstaan nie die probleem nie en word oorweldig daardeur.

  • Behuising is waarskynlik die enkele saak wat die sosiale orde van ons gemeenskappe gaan verander.

  • Alternatiewe behuisingskonsepte.

  • In tandem met die ekologiese agenda.

  • Mobilisering van bronne, IDP en begrotingsraamwerk.

  • Genoeg geld maar te min planne en kundigheid.

Klik hier om sy volledige voorlegging te besigtig:

Wellington Discussion_Quinton Adams
.pdf
Download PDF • 13.08MB

6. Plaaslike regerings


Die ineenstorting van die plaaslike regering in die meeste Suid-Afrikaanse dorpe is 'n pynlike werklikheid. Alhoewel hierdie ineenstorting toegeskryf kan word aan die ontoereikendheid van plaaslike munisipaliteite, sou dit egter kortsigtig wees om die blaam alleen op raadslede en plaaslike regerings-amptenare te plaas wanneer daar 'n gebrek aan openbare deelname van die plaaslike gemeenskap en die plaaslike private sektor is.


In die grondwet word die plaaslike erken as 'n kardinale been van die regering. Kry meer inligting in die ALESCO aanbiedings hier.


Alesco Memorandum 10-02-2022
.pdf
Download PDF • 113KB
Alesco Presentation
.pdf
Download PDF • 4.19MB

7. Vrae aan die kerk

  • Wat is ons aptyt vir risiko?

  • Watter waarde voeg ons tot die gemeenskap by? Gaan hulle ons mis?

  • Watter kapasiteit lê by ons lidmate (nie die strukture)?

  • Hoe lyk die integriteit van die "brand"?

  • Die kerk se respons op haweloses word dringend afgewag.

8. Nog konkrete voorstelle

  • Ons moet versoek dat VBO en Toerusting ‘n kursus sal saamstel en aanbied oor evangelisasie.

  • Getuienisaksie onderneem om die werkswinkel in ten minste twee of drie streke te herhaal.

  • Mense verander as gevolg van twee redes: krisis (95%) of besluit (5%). Laat ons nie vir die krisis wag nie.

  • Skep veilige ruimtes om mekaar te ontmoet.

  • 'n Gemeenskap wat verantwoordelikheid neem vir hulle eie dorp deur die aanspreek van ‘n gedeelde behoefte/bekommernis (a common cause).

  • 'n Permanente taakspan vir Evangelisasie behoort so gou moontlik in die lewe geroep te word.

  • Hierdie taakspan behoort ook werksaamhede met Arbeidsbediening en Straatwerk te koördineer.

  • Die Sinode behoort ruim vir die saak te begroot.

Braam Hanekom namens Publieke Getuienis

bottom of page