top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Publieke Getuienis kyk na werkloosheid

Volgens die Quarterly Labor Force Survey (QLFS) sukkel jongmense steeds om die Suid -Afrikaanse arbeidsmark te betree. Die amptelike werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal van 2021 'n hoogtepunt van 34,40% bereik. Maar volgens Statistics South Africa word die land se jongmense die hardste getref - 46,3% van jongmense tussen 15 en 34 jaar het aangedui dat hulle tans werkloos is. Met ander woorde byna een uit elke twee persone onder 35 binne die arbeidsmag kry nie werk nie. Die nood vir werk is groot en hou aan styg.


Daarom het die Sentrum vir Publieke Getuienis die afgelope week ondermeer saam met professor Erwin Schwella op Bonnievale met die organisasie Bonnievale 418 vergader.



Bonnievale 418 is 'n organisasie wat gestig is met die doel om te verseker dat hulle dorp sonder leergapings en werkloosheid teen 2030 is. Hulle kyk tans na die uitdaging om werk te skep vir die leerders wat by die Jakes Gerwel Tegniese Hoërskool afgestudeer het:


"Ons glo dat elke jongmens die geleentheid moet kry om ten volle deel te neem aan leer en aan die lewe, ongeag hulle vermoëns of beskikbare hulpbronne. Ons belê in die lewens van jongmense deur die toegang tot vaardigheidsgebaseerde opvoeding te verhoog, leerders se oorgang van skool tot werk te ondersteun, die indiensnemingspotensiaal binne ons plaaslike ekonomie te verbeter en deur dit wat ons leer met ander te deel."


Die Sentrum vir Publieke Getuienis is veral opgewonde oor hierdie gesprek omdat dit kan lei tot die ontwikkeling van 'n model waarin ons ook soortgelyke uitdagings in ander dorpe kan aanspreek. Suid-Afrika sukkel tans met 'n massiewe motiveringsprobleem onder die land se jeug om verder te studeer. Bonnievale 418 vertel immers dat basiese onderwys vir 9 uit 10 kinders hul finale kwalifikasie is. Deel daarvan is omdat ons kinders nie 'n volledige prentjie het van wat na skool kan en moet gebeur nie.

bottom of page