top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Publieke Getuienis dink na oor evangelisasie

Die Sentrum vir Publieke getuienis het verlede week ‘n tweedag werkswinkel by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington fasiliteer. Dit is bygewoon deur predikante, lidmate met belangstelling in die veld, mense wat tans voltyds evangelisasie doen, oudsendelinge (soos ds. Tobie de Wet, Japan sending) en Predikante in Sinodale Diens (PSD's).



Terwyl daar na materiaal soos Alpha en “Dra die Goeie Nuus” gekyk is, is daar spoedig veel dieper vrae gevra. Sake soos die toestand van die kerk (kerkbegrip), die ruimtes wat ons skep, ons prediking, die huidige geloofsbelewenis van ons lidmate, die gebrek aan apologetiese denke, die herstel van die amp van gelowiges en ouderlinge, evangelisasie nie as ‘n program nie, maar leefstyl en toerusting aan studente, predikante en lidmate het aan die orde gekom.


Opvolg werkswinkels word nou in streke beplan. Vir meer inligting kan belangstellendes die kantoor kontak by spg@kaapkerk.co.za. Intussen het die dagbestuur van Getuienisaksie pas die totstandkoming van ‘n volledige taakspan vir Evangelisasie goedgekeur.


Kry volledige terugvoer van die geleentheid hier:

Verslag oor die werkswinkel van evangelisasie_Feb2022
.pdf
Download PDF • 2.76MB

0 comments

Recent Posts

See All

iThemba

bottom of page