Publieke Getuienis
Praktiese werkswinkel oor evangelisasie
Die stand van evangelisasie weerspieël in ‘n groot mate die stand van die kerk en in die besonder ons huidige verstaan van die amp van die gelowige, dissipelskap, toerusting van lidmate en die lewende verhouding wat lidmate met Jesus Christus het al dan nie.
Dit is ons diepe oortuiging dat die passie vir evangelisasie in lidmate alleen aangesteek sal word indien daar ‘n diep persoonlike verhouding met Jesus Christus self is. Daaroor moet gepreek en gepraat word. Dit is bitter belangrik dat geloofsleiers moet glo dat Jesus Christus werklik in ons leef en die navolgelingskap van Christus modelleer.
Ons bied volgende week 'n praktiese werkswinkel oor evangelisasie by George Moedergemeente aan. Ons gaan praat oor:
Waarom glo ons?
Hoe getuig ons?
Sluit gerus by ons aan! Almal is welkom. Stuur gerus 'n e-pos aan ons kantoor as jy die geleentheid wil bywoon: spg@kaapkerk.co.za
