top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Landbou vat hande op De Aar

Die Sentrum vir Publieke Getuienis het onlangs, op uitnodiging van die Institute for Sustainable Social Development, ‘n konferensie vir opkomende boere op De Aar aangebied.



Kundiges uit die kommersiële landbousektor is genader om die kursus aan te bied. 52 opkomende boere van dorpe soos Noupoort, De Aar, Richmond, Britstown, Philipstown, Hanover en Victoria-Wes het die konferensie bygewoon. Basiese opleiding in landbou is voorsien.


Die konferensie het in die NG Gemeente De Aar se kerksaal plaasgevind. Komplekse kwessies soos die oorbenutting van meentgronde is aangespreek. Daarmee saam ook die wantroue tussen opkomende boere en gevestigde boere. Die geleentheid was egter ‘n wonderlike oefening in die bou van sosiale kohesie en wedersydse vertroue. Basiese perspektiewe op die bewaring van grond, plante, diere, mense en volhoubare voedselvoorsiening is hanteer.





bottom of page