Publieke Getuienis
Koringberg gesels saam oor hul toekoms
Gemeenskapsleiers van Koringberg het op 15 April vergader om saam oor die dorp se toekoms te gesels. `n Hele aantal geleenthede en uitdagings is bespreek. Soos in talle van ons dorpe is die gebrek aan behuising, werkloosheid en dwelmmisbruik bespreek. Een van die groot uitdagings is egter dat hoërskoolkinders sonder hoop of uitsigte leef. Dit impakteer natuurlik op hul motivering en uitslae. Daar word nou gedink aan ‘n program om vir hierdie kinders beter voorligting ten opsigte van geleenthede te skep.
Die energie wat loskom wanneer verteenwoordigers van verskeie sektore en gemeenskappe bymekaar kom, was weereens tasbaar. Groot dank aan ds. Jaco Nel en die Ukubavimba Foundation vir hul moeite en insette.
