Publieke Getuienis
Jy kan help om jou dorp 'n mooier en beter plek te maak
Op 9 September om 10.00 vind daar ‘n webinaar plaas waar Barend la Grange (voorheen van South Africa Day) Mari Hudson (RSG – My mooi dorp) en Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis) in gesprek sal tree oor hoe ons die sosiale kohesie op ons dorpe kan verbeter en watter praktiese dinge gedoen kan word om van jou dorp ‘n mooier en beter plek te maak. Praktiese voorbeelde van dorpe waar daar reeds ‘n verskil gemaak is, sal gegee word. Enkele ander persone wat reeds by die verbetering van dorpe betrokke was, sal ook deel van die paneel vorm.
Om deel te neem, REGISTREER HIER.
