top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Hoop en Versoening Trust getuig deur die bou van groentetuine

“Oh, what a day it was. All aspects of vegetable gardening were simplified; no time was wasted."

“Very, very informative and a new learning experience. Awesome, we learnt a lot! Thank you Braam and team!”


So getuig deelnemers van die Hoop en Versoening Trust, wat onder die sambreel van die Sentrum vir Publieke Getuienis funksioneer, se onlangse suksesvolle werkswinkel oor mikroboerdery wat by die African Methodist Church in Bonteheuwel aangebied is. Nagenoeg 45 persone uit agtergeblewe gebiede het die geleentheid bygewoon. Die projek is in samewerking met Gardens for Life – Phakama gehou. Agtergrond oor die ekonomiese model en groei en teoretiese raamwerke vir die daarstel van groentetuine is gegee. Praktiese hulp is ook verleen.

Die aanbieders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die betrokkenheid van die gehoor was tot die einde fantasties. Daarvan het die spontane sang getuig toe die werklike groentetuintjies aan die einde van die werkswinkel op die kerk se terrein gestalte gekry het.


“Die dag is afgesluit met groentetuine wat in buitebande op die terrein van die kerk gehou is. Dit was ‘n riem onder die hart om die vroue die middag saam te hoor sing, terwyl die laaste plantjies in die nuutvoorbereide bande geplant is. Ons hoop om hierdie projek verder uit te rol. Dit was wonderlik om die entoesiamse en betrokkenheid van diegene wat deelgeneem het te beleef. Ons glo dat so projek ons nader bring aan die skepping, mekaar en bowenal, aan God self wat al hierdie goeie gawes vir ons gegee het,” vertel Braam Hanekom.


As jy belangstel om self so ‘n werkswinkel te hou of meer inligiting oor die projek wil hê, kontak gerus ons kantoor by spg@kaapkerk.co.za. Meer inligting oor die #GROEI-projek is ook op die Sentrum vir Publieke Getuienis se webblad te sien.



bottom of page