Publieke Getuienis
Hoe lyk die toekoms van my dorp?
Die Sentrum vir Publieke Getuienis het verlede week ‘n werkswinkel rondom sosiale kohesie en die rol wat gemeentes in gemeenskappe rondom missionale transformasie kan speel, gehou.
Verteenwoordigers van sover as Senekal, Upington, Knysna en Johannesburg het die geleentheid bygewoon.
Mooi stories van hoop en versoening is vanuit Senekal, Caledon en Porterville gehoor. Daar is egter ook eerlik gepraat oor hoe die pynlike verlede aangespreek kan word. Hoe herstel ons die netwerk van verhoudinge en word ons ‘n “ons” dorp? Daar is verder gekyk na die impak wat behuising of die gebrek aan behuising op sosiale kohesie het (Quinton Adams en sy Backyard Varsity) en hoe ons hier ‘n konkrete verskil kan maak.
Die noodkreet wat rondom ons jeug uit elke gemeenskap opgaan, is bespreek. Maniere om op gepaste wyse die plaaslike regering te benader en verantwoordbaar te hou, is ook bespreek. Konkrete aksiestappe is gelys. Vir meer inligting kontak gerus die kantoor by spg@kaapkerk.co.za.