Publieke Getuienis
#GROEI terugvoer
Daar is tans wêreldwyd ‘n nuwe bewuswording rondom die kweek van groente in kleiner tuine aan die groei. COVID-19 het verder kom onderstreep hoe belangrik volhoubare voedselvoorsiening is. Daarom moedig die Hoop en Versoening Trust steeds mense oor die hele ekonomiese spektrum aan om tuine te begin. Hulle het gedurende 2021 talle organisasies en gemeentes gehelp met skenkings van saad wat hulle in staat gestel het om groentetuine te begin ten bate van die breër gemeenskap.
Die trust het ook in hierdie jaar hande gevat met Agrico en het so enkele watertenke en besproeiingsmatriaal aan gemeentes en organisasies geskenk. Klik hier om die volledige verslag oor die saadprojek te lees.
