top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Gesprek oor evangelisasie: FEBRUARIE 2022

In die dae weet ons dat alle kennisgewings met ‘n COVID-vrywaring gepaard moet gaan. Lees dus: indien COVID (Omikron) ons toelaat.


Die Sentrum vir Publieke Getuienis en die Getuienisaksie van die NG Kerk en VGK nooi jou hartlik uit om ‘n verteenwoordiger te stuur na die volgende geleentheid:


Oop gesprek rakende Evangelisasie: Gemeenteverteenwoordigers. 8 – 9 Februarie 2022.


Dit sal vanaf 10:00 op die 8ste en om 11:00 op die 9de Februarie by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington plaasvind.




Ons kan ongelukkig nie volledige reiskoste betaal nie, maar betaal graag “petrolkoste” per kilometer vir gemeentes wat ‘n lang afstand Kaap toe moet aflê. Ons betaal egter alle verblyf en etes.


Wie is ons fokus? Leraars, maar veral ook enige lid van die gemeente se Getuieniskommissie of persoon wat belangstel in evangelisasie


Doel: Ons wil graag ‘n oop gesprek fasiliteer waar ons besin oor die 'waarom' en 'hoe' van evangelisasie in 2022. Ons hoop dat dit ook ‘n vlam van motivering in jou gemeente sal aansteek.


Inskrywing moet asseblief so gou as moontlik gedoen word by:


Annelie: spg@kaapkerk.co.za


Stuur asseblief:

Volledige naam

Naam van gemeente

Kontakbesonderhede


Ons kan net die eerste 30 persone akkommodeer.

0 comments

Recent Posts

See All

iThemba

bottom of page