top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Gesprek oor bendegeweld in Belhar

Die Sentrum vir Publieke Getuienis het onlangs ‘n gesprek oor bendegeweld op die Kaapse Vlakte gefasiliteer. Die gesprek het in Belhar plaasgevind. Irvin Kinnes, adviseur vir die parlementêre portefeuljekomitee oor veiligheid (foto middel), het die gesprek ingelei.


Die groep wat uit ‘n wye verskeidenheid kerkleiers bestaan het, het opnuut onder die indruk gekom van die omvang van die probleem met bendes. Die Americans het na raming 21 000 lede, die 28’s 13 000 en die Hard Livings 6000. Die sistemiese impak en omvang kompliseer die uitdaging verder, met sekondêre, alternatiewe ekonomieë wat rondom die bendes ontstaan het. Die kerk sal egter veel groter duidelikheid moet kry oor wat haar spesifieke taak in die situasie is.


Die aanspreek van afwesige vaders en verkrummelende familiebande sal veel groter aandag moet kry. Kerke sal ook ‘n groter rol moet speel in die daarstel van vennootskappe om die probleem aan te spreek.


Raak deel van die gesprek! Los 'n comment of kontak vir Braam Hanekom by braam@kaapkerk.co.za.

0 comments

Recent Posts

See All

iThemba

bottom of page