Search
  • Centre for Public Witness

Die “herstrukturering” van die Suid-Afrikaanse ekonomie

Na aanleiding van Zoom-gesprek met o.a. Proff Piet Naudé en André Roux


COVID-19 het heelwat dinge onder die vergrootglas geplaas. So ook ongelykheid en die stand van ons ekonomie. Die nood-begroting van 24 Junie 2020 het Suid-Afrika se enorme skuldlas kom onderstreep. Gelyklopende het daar die afgelope tyd heelwat stemme begin opgaan en pleit dat dit nou die tyd is om “dinge reg te stel en die ekonomie te herstruktureer.” Drie woorde wat gedurig gehoor word, is inklusief, volhoubaar en gelykheid. Die vraag is dan wat dit alles konkreet beteken.


Graag gee ons enkele van die sleuteltemas deur wat in die gesprek na vore getree het:


1. Relevante, toepaslike en kwaliteit onderwys

  • Drie faktore wat bo alles sukses in onderwys bepaal, is: onderwysers, bestuur en ouerbetrokkenheid!

  • Ons moet ernstig twee bane van onderwys oorweeg: tegnies en akademies (vgl. Duitsland se voorbeeld).

  • Universiteite en ambagskole.

  • Uitvalsyfers is skrikwekkend hoog. By 26 universiteite verlaat 51% van studente na 5 jaar sonder ‘n graad.

  • Die destruktiewe rol van vakbonde kan nie langer misgekyk word nie.

  • Sonder die regte vaardighede gaan mense sukkel om deel te word van enige ekonomie!

  • Gebrek aan moedertaal in grondslag en kinders wat vroeg agter raak en uitval, bly ‘n groot probleem.


2. `n Vryemarkstelsel vs. staatsbeheer

  • Eersgenoemde skep welvaart, maar verdeel dit nie goed nie.

  • 'n Staat skep egter nie welvaart nie.

  • Die regering se versoeking om volkome staatsbeheer na COVID-19.

  • Regstelling en staatsbeheer?

  • Regstelling en belasting?

  • Semi-staatsinstellings?

3. `n Skuif in die ekonomie (herstrukturering vind onder ons neus plaas)

  • Bv. verkleinende rol van landbou en mynbou.

  • Persentasie van finansiële en dienste sektor (4de Industriële Revolusie).

  • Groeiende werkloosheid binne nuwe die ekonomie.

4. Vertroue en gebrek aan vertroue: R1.5 triljoen beskikbaar, maar word nie geïnvesteer

  • Gefokusde belasting (Mauritius voorbeeld).

  • Die belang van sosiale kohesie - verskillende narratiewe oor Suid-Afrikaanse konteks. Hoe hoër die vertroue, hoe hoër die investering. Lae investering is die direkte gevolg van lae vertroue.

  • "We are a state and not a nation.”

  • Verskillende (ideologiese) belangegroepe luister nie behoorlik na mekaar nie.

5. Werkloosheid en werkskeppingsprogramme

  • Werkloosheid is ‘n tydbom (50%).

  • Hooploosheid – vaardigheidsgebrek.

  • Klein besighede, entrepreneurs - die toekoms. Hoe kom ons daar?

  • Vervaardigingsektor. Hoe word dit gestimuleer?

  • Wat kan en moet nou vervaardig word?

  • Koalisie tussen staat en privaatsektor.

  • Produktiwiteit is ‘n probleem. Hoekom?

  • PWP – nie ‘n oplossing (plak ‘n pleister).

  • Die rol van toelaes en SASSA? Noodsaaklik, maar nie volhoubaar. Hoe voorkom ons dat dit afhanklikheid laat groei?

6. Moet ons van “herstrukturering” praat?

  • As ons dan nie die term wil gebruik nie, watter terminologie moet dan gebruik word?

7. Die rol van die burgerlike samelewing – nie-winsgewende organisasies

  • Daar is dinge waaroor ons beheer het en dinge waaroor ons geen beheer het nie.

  • Wat kan ONS nou doen?

  • Netwerke, gesprekke met plaaslike regerings?

8. 'n Skuif in die kerk se teologie?

  • Watter denkskuiwe moet daar nou by lidmate plaasvind?

  • Hoe moet hulle ingelig word met wat?

  • Leef ons werklik eenheid, geregtigheid en versoening? Moet Belhar nie weer herbesoek word nie? Baie van die terme het hol en leeg geword.

  • Verstaan ons ewewig en balans?

9. Waaroor ons nog nie genoeg gepraat het nie

  • Ekonomie en ekologie.

  • Wellbeing economy - Lorenzo Fioramonte.

  • Circular economy – Stuchy.

  • Volhoubare groei.

10. `n Nuwe ekonomie en ‘n nuwe samelewingsorde

Sentrum vir Publieke Getuienis | Tel. 021 957 7202  I  Fax: 086 531 9287  I  spg@kaapkerk.co.za | Bellville, Cape Town

Religious Centre, church and charity. © 2020 Sentrum vir Publieke Getuienis