top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Daar is 'n oplossing vir haweloses - in die kerk!

Kaapstad word tans gekonfronteer met 'n reuse-uitdaging van haweloosheid. Dit is egter nie net die Moederstad wat hierdie uitdaging ervaar nie, maar ook talle ander dorpe in ons streek. Die vraag is: waar lê die oplossing? In Kaapstad alleen word daar ‘n heenkome vir meer as 10 000 mense gesoek (dit sluit algemene behuisingsnood uit).



Nuwe navorsing wys daarop dat kerke uitstekend geposisioneer is om die probleem aan te spreek. Klein groepe mense, waar gemeenskapslewe versterk kan word, waardes gevestig kan word en nuwe integrering by die samelewing kan plaasvind is die ideaal. Ongebruikte geboue by kerke kan baie goed hiervoor aangewend word en die goeie nuus is dat fondse hiervoor heel moontlik beskikbaar is. Geen finansiële las word dan op gemeentes geplaas nie. Daar is ook bepaalde “exit”-strategieë in plek wat verseker dat dit eintlik net ‘n oornagfasiliteit is. Die krisis wat destyds in die Metodiste Kerk in Kaapstad ontstaan het, word so vermy.


Die Sentrum vir Publieke Getuienis is tans in gesprek met ander kerke, NRO’s en Stad Kaapstad oor moontlike modelle wat kan werk. 'n Werkswinkel vir gemeentes word ook vir 9 November beplan. Lees 'n insiggewende artikel oor navorsing oor hierdie uitdaging hier.

bottom of page