top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

#100DorpeDialoog: 'n Nuwe begin vir Suid-Afrikaanse gemeenskappe

In 'n land waar verskeidenheid en eenheid hand aan hand loop, is daar 'n projek wat 'n nuwe blik op Suid-Afrika se toekoms bied. Die #100DorpeDialoog-projek is 'n beweging wat aan die groei en herstel van ons nasie werk en onlangs is 'n belangrike stap geneem om predikante van die VGK en NG Kerk as fasiliteerders vir hierdie projek op te lei.


Die opleiding van 19 predikante het plaasgevind by die Eureka landgoed buite Durbanville. Tydens hierdie geleentheid is 'n ryk uitruil van idees en insigte gedeel oor hoe om die #100Dorpe-projek verder te laat groei. “Dit het duidelik geblyk dat, ten spyte van die voortgesette pyn en verdeeldheid op grondvlak, daar 'n groot behoefte en geleentheid bestaan om hande te vat en saam te bou aan 'n nuwe Suid-Afrika,” vertel dr. Braam Hanekom, die brein agter hierdie projek.


Een van die opvallende punte van hierdie opleiding was die erkenning van die behoefte aan 'n wyer gesprek tussen predikante van die NG Kerk en die VGK. Hierdie gesprek moet handel oor die toekoms van ons land en die herstel van verhoudinge op 'n voetsoolvlak, onafhanklik van sinodale druk en institusionele gesprekke oor kerkeenheid. Hierdie inisiatief beloof 'n nuwe begin vir die kerklike gemeenskappe om na mekaar te luister en saam 'n pad na versoening en samelewing op te bou.


Die terugvoer van deelnemers, soos dié van Chris Wheeler (NG Kerk Bellville-Vallei) en Johannes Mouton (NG Kerk Tableview), illustreer die potensiaal wat die projek op gemeenskapslede se samewerking, verdraagsaamheid en openlike gesprekke mekaar het om Suid-Afrika na 'n nuwe toekoms te lei waarin mense saam aan 'n beter samelewing bou.


“Wat vir my uitgestaan het van die tafelgesprekke en aanbiedings is dat mooi goeters gebeur wanneer Suid-Afrikaners saam om ‘n tafel sit, mekaar in die oë kyk en na mekaar luister. So praat ons eerlik met mekaar en soek dan saam na ‘n pad vorentoe. Dit bly iets waaraan ek as Suid-Afrikaner graag wil aan vashou. Wanneer ons dinge saamdoen, doen ons dit baie beter en die uitkomste daarvan hou baie langer. Ek sien uit na wat die #100DorpeDialoog nog op dorpe gaan bereik,” vertel Chris Wheeler.


Johannes Mouton beklemtoon hoe die #100Dorpe-projek 'n manier bied om grense in Suid-Afrika te oorkom, wantroue te verminder en 'n gesamentlike doel te bevorder wat die nasie na vore sal bring. “Dit is vir my goed om in ‘n ruimte te wees saam met mense wat anders lyk en praat as ek. In Suid-Afrika het ons baie grense wat mense uitmekaar hou en ek dink die #100Dorpe-projek help ons om hierdie grense oor te steek. Dit help ons om die wantroue wat daar tussen mense is af te breek. Wanneer ons so in mekaar se teenwoordigheid is en werklik na mekaar luister en wanneer daar ‘n gesamentlike doel is wat ons vorentoe vat.”



bottom of page