top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

#100DorpeDialoog



Die My Mooi Dorp-program op RSG dien as inspirasie vir die Sentrum vir Publieke Getuienis die afgelope tyd. Hierdie radioprogram is daarop gemik om dorpe in ons land te help – deur aanmoediging, aansporing, inligting en bemagtiging – om model-dorpe te word. Nie alleen deel die sentrum hierdie visie nie, maar hulle werk ook kliphard om sosiale kohesie deur die #100DorpeDialoog-projek te bewerkstellig.


Op 10 en 11 Februarie 2022 fasiliteer die sentrum ‘n gesprek oor hierdie onderwerp en nooi graag predikante en lidmate uit om dit by te woon in Wellington by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit. Daar is geen koste hieraan verbonde nie. Daar is slegs nog spasie vir 20 persone, so stuur so gou as moontlik 'n e-pos aan Annelie by spg@kaapkerk.co.za om jou spasie te bespreek.

0 comments

Recent Posts

See All

iThemba

bottom of page