top of page

'n Oplossing vir haweloosheid - in die kerk!

Kaapstad word tans gekonfronteer met 'n reuse-uitdaging van haweloosheid. Dit is egter nie net die Moederstad wat hierdie uitdaging ervaar nie, maar ook talle ander dorpe in ons streek. Die vraag is: waar lê die oplossing? In Kaapstad alleen word daar ‘n heenkome vir meer as 10 000 mense gesoek (dit sluit algemene behuisingsnood uit).

Nuwe navorsing wys daarop dat kerke uitstekend geposisioneer is om die probleem aan te spreek. Klein groepe mense, waar gemeenskapslewe versterk kan word, waardes gevestig kan word en nuwe integrering by die samelewing kan plaasvind is die ideaal. Ongebruikte geboue by kerke kan baie goed hiervoor aangewend word en die goeie nuus is dat fondse hiervoor heel moontlik beskikbaar is. Geen finansiële las word dan op gemeentes geplaas nie. Daar is ook bepaalde “exit”-strategieë in plek wat verseker dat dit eintlik net ‘n oornagfasiliteit is. Die krisis wat destyds in die Metodiste Kerk in Kaapstad ontstaan het, word so vermy.

Haweloosheid - Web.png

Ontmensliking van haweloses

Hawelose mense regoor die wêreld word as sub-mense behandel. Die meeste mense ervaar dit op 'n onderbewuste vlak.

Ons wil persoon bewusmaak oor die behandeling van haweloses. Lees en deel asseblief die onderstaande wenke oor hoe jy steeds haweloses kan help sonder om hulle van hul waardigheid te ontneem.

bottom of page