top of page

Meer oor die Hoop en Versoening Trust

Die Hoop en Versoening Trust is 'n nie-winsgewende organisasie wat poog om hoop in Suid-Afrika te bevorder.

​

Hulle GROEI-projek is nuut, maar meer as 50 gemeenskappe/gebiede in ons land het reeds saam met hulle 'n stap in die rigting van 'n gesonder lewe geneem.

​

Hierdie projek sal gemeenskappe leer hoe om 'n meer volhoubare lewe te lei. Dit sal nie net hul lewenswyse verryk nie, maar ook 'n gesonder aarde tot gevolg hê.

​

Rol af en leer meer oor hierdie projek en hoe jy betrokke kan word.

Hoe kan jy deel word van hierdie projek?

1. Jy kan saad by die Hoop en Versoening Trust aankoop teen ‘n groot gesubsideerde prys. Hulle kry saad teen spesiale pryse by leweransiers en het ook skenkings in die verband ontvang.

2. Jy kan ook aansoek doen om `n skenking.

3. Of jy kan ‘n finansiële bydrae maak vir die projek (kontak spg@kaapkerk.co.za)

​

​

​

​

GROEI versprei tans wintergewasse wat maklik groei in verskillende hoeveelhede (vir van so klein soos 'n deur tot 150m2). Hulle het nou boksies beskikbaar teen R250 elk (5 wintergewasse 5 somergewasse , inligting en bemesting). Dit kan ‘n gesin vir 'n volle jaar van groente voorsien. Hulle sou ook in die geval kon subsidieer en/of skenk. Om ‘n suksesvolle groenteboer te wees het jy die volgende nodig:

​​

1. Saad

2. Water

3. Vrugbare grond

4. Passie en geduld

 

GROEI verskaf die saad. Water word in seisoen deur die Vader verskaf, maar soms is jy ook gelukkig met ‘n boorgat, rivier of selfs 'n watertenk. Verstommend wat jy met laasgenoemde kan doen. Die vrugbare grond word verkry deur 'n gat so groot soos 'n deur in die grond te maak en dan al jou organiese kombuisafval daarin te gooi. Na 'n maand of wat word dit met grond bedek en dan saai jy daarop. Dit werk soos 'n bom. Organiese of anorganiese kunsmis is ook 'n moontlikheid.

​

​

​

 

Dit bring ons nader aan God en leer ons afhanklikheid van Hom.

Dit bring ons nader aan die grond en leer ons dat kos eintlik nie uit ‘n supermark kom nie.

Dit is groen en volhoubaar.

Dit is gesond en hou mense sinvol besig. Ook bejaardes.

Watter produkte is beskikbaar?

Waarom is die GROEI-projek so belangrik?

Volg HoOp En versoening trust

SOSIALE MEDIA: Klik op die onderstaande ikone om na hul Facebook-, Twitter- en Instagram-bladsye te gaan. LIKE en VOLG dit om op hoogte te bly van al die vordering.

  • Instagram
  • Facebook
  • Twitter
HVT - Kontak ons Web.png
bottom of page