#GROEI in George
Steve van der Walt van George Moedergemeente laat weet dat die Hoop en Versoening Trust se #GROEI-projek hom inspireer het om 'n hidroponiese groentetuin te begin. "Ek wou nog altyd met groenteverbouing in klein spasies eksperimenteer. Aangesien ek in ’n kompleks bly, is spasie juis beperk. Ek het dadelik van die saad wat ek ontvang het in saaiboksies geplant en dag vir dag met afwagting gekyk wanneer hulle opkom. Terwyl ek gewag het, het my vrou my herinner aan ’n projek waa