top of page
Image by Hugues de BUYER-MIMEURE

Meer oor ons

Die Sentrum vir Publieke Getuienis is gestig om die kerk in die markplein te verteenwoordig sodat die evangelie 'n tasbare verskil in Suid-Afrika kan maak.

​

​Hierdie sentrum is 'n gesamentlike inisiatief van die NG Kerk (Sinode van Wes-Kaapland) en die Verenigende Gereformeerde Kerk (Streeksinode Kaapland).

​

​Die voorsitter van die direksie is dr. Llewellyn MacMaster (VGKSA) en  dr. Braam Hanekom is die direkteur. 

Ons missie

Die Sentrum vir Publieke Getuienis wil die evangelie in die wydste moontlike sin na die markplein bring. Ons verkondig die versoeningsboodskap van Jesus Christus, maar streef ook daarna om hierdie boodskap 'n konkrete vorm te gee in die mees aktuele kwessies waarmee ons land gekonfronteer word.

​

As kerk, streef ons daarna om op plaaslike vlak by gesprekke en dialoogsessies betrokke te raak, asook om ons kontak met die media, regering en besigheidsektor te vergroot.

Wat doen ons?

Die sentrum, gedryf deur 'n publieke teologie, fokus sy werk op kwessies wat die sosio-ekonomiese konteks van Suid-Afrika raak.

 

  • Ons fokus op die vestiging en fasilitering van multikulturele dialoogsessies regoor Suid-Afrika (Sien #100DorpeDialoog).

  • Die Hoop en Versoening Trust, 'n trust wat gewy is aan landelike ontwikkeling en vroeë kinderontwikkeling, word deur die sentrum bestuur.

  • Die Sentrum vir Publieke Getuienis dien as die administratiewe kantoor vir WCEN (Western Cape Ecumenical Network), wat 'n ekumeniese netwerk vir ongeveer dertig denominasies en kerklike organisasies in die Wes-Kaap bied.

  • Die sentrum het 'n sterk verbintenis tot omgewingskwessies en dr. Hanekom dien op die direksie van SAFCEI (Southern African Faith Communities Environmental Initiative).

  • Spesifieke fokusareas sluit in: behuising, armoedeverligting, vaardigheidsontwikkeling en geloofsontwikkeling in 'n moderne konteks.

bottom of page