top of page

Bemagtig individue en gemeenskappe in Suid-Afrika

Ons Missie

Bemagtig gemeenskappe deur die evangelie van Jesus Christus

Ons wil die evangelie in die wydste moontlike sin na die markplein bring. Ons verkondig die versoeningsboodskap van Jesus Christus en streef daarna om hierdie boodskap 'n konkrete vorm te gee in die mees aktuele kwessies van ons land. Ons poog om gesprek en dialoog op plaaslike vlak te bevorder en die kerk se kontak en netwerke met die media, regering en besigheid te vergroot.

Die werk wat ons doen

Climate Protest
People with Masks

Ons besoek dorpe regoor Suid-Afrika om gesprekke met die gemeenskap en sy leiers te fasiliteer om 'n kultuur van eenheid en respek te kweek.

Die sentrum dryf 'n publieke teologie met spesifieke fokus SA se kwessies: behuising, armoedeverligting, ekologie, vaardighede- en geloofsontwikkeling in 'n moderne konteks.

Die Hoop en Versoening Trust is 'n NRO wat poog om hoop in Suid-Afrika te bevorder. Hierdie trust gee Suid-Afrikaners die geleentheid om by te dra tot die herstel van die land.

Nuus & Gebeure

Image by Hello I'm Nik

Die kerk moet vernuwe sodat die stad kan vernuwe

Daar word dikwels bespiegel of Suid-Afrika nie dalk ‘n mislukte staat is nie. Wat egter al hoe duideliker word, is dat die meerderheid van ons plaaslike regerings mislukte instellings is. Daar is uitsonderings, maar ‘n mens sou talle bywoorde kon vind om die meerheid plaaslike regerings te beskryf. Woorde soos wanfunksioneel, polities-geïnfekteer, skuldbelaai en onbevoeg, kom by ‘n mens op.

 

By die Sentrum vir Publieke Getuienis het ons reeds meer as 60 dorpe en stede regoor Suid-Afrika besoek en na gewone mense op voetsoolvlak geluister. Waardevolle lesse is geleer oor hoe gewone mense, vanuit verskillende agtergronde, oor Suid-Afrika dink.

WhatsApp Image 2022-08-22 at 9.35.38 AM.jpeg

Suksesvolle werkswinkel op Bonteheuwel gehou!

“Oh, what a day it was. All aspects of vegetable gardening were simplified; no time was wasted."

“Very, very informative and a new learning experience. Awesome, we learnt a lot! Thank you, Braam and team!”

 

So getuig deelnemers van die Hoop en Versoening Trust, wat onder die sambreel van die Sentrum vir Publieke Getuienis funksioneer, se onlangse suksesvolle werkswinkel oor mikroboerdery wat by die African Methodist Church in Bonteheuwel aangebied is. Nagenoeg 45 persone uit agtergeblewe gebiede het die geleentheid bygewoon. Die projek is in samewerking met Gardens for Life – Phakama gehou. Agtergrond oor die ekonomiese model en groei en teoretiese raamwerke vir die daarstel van groentetuine is gegee. Praktiese hulp is ook verleen.

op-en-wakker1.jpg

Verskonings, vergifnis en onvergewensgesindheid

Op en Wakker, 'n ontbytprogram op RSG, praat oor verskonings, vergifnis en onvergewensgesindheid met Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis.

 

"Die dood en staatsbegrafnis van Koningin Elizabeth II was een van die grootste TV-gebeurtenisse van die onlangse geskiedenis, met meer as vier miljard mense oor die wêreld heen wat daarna gekyk het. Die kommentaar van gaste op die onderskeie TV-kanale het nogal hemelsbreed verskil, veral na gelang van waar in die wêreld of Statebond jy gekyk het. Ook hier in Suid-Afrika het heelwat kommentators mond uitgespoel oor koloniale vergrype of slawerny met ‘n verwagting dat die huidige koninklike familie daarvoor om verskoning moet vra. Of die Cullinan-diamant teruggee. Of minstens iets sê oor die Boereoorlog se konsentrasiekampe."

 

Klik hier om na die potgooi te luister.  

20220716_093253.jpg

Steve van der Walt van George Moedergemeente laat weet dat die Hoop en Versoening Trust se #GROEI-projek hom inspireer het om 'n hidroponiese groentetuin te begin.

"Ek wou nog altyd met groenteverbouing in klein spasies eksperimenteer. Aangesien ek in ’n kompleks bly, is spasie juis beperk. Ek het dadelik van die saad wat ek ontvang het in saaiboksies geplant en dag vir dag met afwagting gekyk wanneer hulle opkom. Terwyl ek gewag het, het my vrou my herinner aan ’n projek waarmee hulle skool besig is, naamlik akwaponiese groenteverbouing. Sy het my aangemoedig om iets soortgelyks op kleinskaal te probeer. Danksy Google is ek spoedig in die rigting van hidroponiese tuine gelei."

"More than ever before, South Africa needs a new social compact and much greater social cohesion. This will lead to greater mutual trust, without which we will no longer be able to cope since the country is currently financially and morally bankrupt."

Braam Hanekom

A resilient social compact requires a dynamic agreement between the state and society on how to live together, and how to address issues of power and resources.
 

For such an agreement to contribute to peace and societal well-being, it must be reflected in the mechanisms, policies and responses that uphold the agreement. This needs to be done in a way that’s flexible and responsive, especially in times of crisis.

Research across nine countries, including South Africa, found that social cohesion is a key driver. Social cohesion builds on the concept of social solidarity, which lies in areas of trust and respect, belonging and identity, and participation.

The Conversation

HELP ONS OM HOOP
EN GELOOF TE VERSPREI 
bottom of page